PMP / ProAmm

Please access the the links below for the latest PMP/ProAmm Regional Competitions.PMP_ProAmm

Streekskompetisies Skedulering 2011 - 2012

PMP Ranglys

Don’t miss out on the Krieghoff  Semprio 30-06  and the CZ Rifle, medium caliber + scope that could be won!!

For more information contact JC Müller on 082 940 2191 or visit the PMP website: www.pmp.co.za

 


PMP Persvrystelling: 20 Februarie 2012:

PMP ONTHUL NOG ‘N NUWE REEKS JAG-AMMUNISIE

Gedurende die laaste paar maande, het verskeie mediaberigte verskyn oor PMP se ontwikkeling van ‘n verdere reeks jag-ammunisie maar dat die naam nog geheim gehou word.  
Carel Wolhuter, Uitvoerende Hoofbestuurder van PMP, het pas aangekondig dat die ontwikkeling van die nuwe reeks voltooi is.  Dit sal bekend staan onder die pragtige naam “Kalahari Elite”, en sal aanvanklik uit 4 kalibers bestaan, naamlik:
•    .243 Winchester 90 grein
•    25-06 Remington 100 grein
•    .270 Winchester 130 grein
•    7 mm Remington Magnum 150 grein

Hierdie ontwikkeling volg op die suksesvolle bekendstelling in 2008 van PMP se gewilde “African Elite” reeks.  Laasgenoemde word gelaai met die wêreldbekende Swift A-frame koeëls wat direk vanaf SWIFT in die VSA ingevoer word, en word vervaardig in 4 kalibers, naamlik .375 H&H Magnum, .300 Winchester Magnum, 30-06 Springfield en .308 Winchester.
PMP se Standaard, Super en ProAmm reekse is uitstekende waarde vir geld, en gewild ook in die Amerikaanse en Europese markte.  Tog is die behoefte ge-identifiseer vir ligter koeëltipes en wat ook ‘n “bonded” koeël is, met ander woorde waar die koper en lood geheg is.
Die “Kalahari Elite-reeks” word gelaai met nog ‘n internasionaal bekende koeël, die Scirocco, wat ook direk vanaf Swift Bullet Company in die VSA ingevoer word.  Die koeël se polimeerpunt inisieer uitsetting en is baie presies gevorm om lugweerstand te verminder.  Dit is baie akkuraat met 2,5 keer uitsetting van die oorspronklike kaliber en 85% plus massabehoud.  Terminale werkverrigting is uitstekend.
Volgens Carel Wolhuter is die produksiebestellings nou op die fabrieke geplaas, en sal die nuwe reeks gedurende die naderende jagseisoen op handelaars se rakke verskyn.

 

Information

Classifieds

first
  
last
 
 
start
stop

Tourism Safety Initiative

Tourism Safety Initiative
Tourism Safety Initiative
Click to enlarge

PHASA Sponsors

first
  
last
 
 
start
stop