PHASA Press Release

 

Friday, 20 September 2013 08:31

PJSA SNOER KRAGTE MET TOYS FOR AFRICA VIR WARDEN-EEUFEES

PJSA SNOER KRAGTE MET TOYS FOR AFRICAVIR WARDEN-EEUFEES

 

Warden, 13 September 2013 - Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (PJSA) het meer as 11 000 potlode en 2 500 telrame vir Toys for Africa geborg, ter viering van die Warden-eeufees wat van 12 tot 14 September 2013 plaasvind.

Die potlode en telrame sal aan sowat 3 900 kinders van Warden en omliggende gebiede versprei word as deel van Toys for Africa se oogmerk om aan elke minder bevoorregte kind in Suid-Afrika 'n nuwe speelding te gee. Hulle beplan om met hierdie betrokke speelgoedtoer, die 86 000-syfer m.b.t. die aantal kinders wat 'n speelding van hierdie liefdadigheidsorganisasie ontvang het, te oorskry.

PJSA se Hoof-uitvoerende Beampte sê dat dit vir die organisasie 'n voorreg was om weer met Toys for Africa te kon saamwerk, nadat hulle voorheen met die NRO kragte gesnoer het vir Mandela-dag. By daardie geleentheid het PJSA 15 000 potlode geborg wat onder leerders by die Zandspruit- en Masakhane-laerskole in die Zandspruit informele nedersetting versprei is.

Kitshoff sê dat die borggeld deur die PJSA Bewarings- en Bemagtingsfonds, wat in 2003 gestig is, beskikbaar gestel is. Hierdie fonds ondersteun verdienstelike bewaringsprogramme en humanitêre projekte. ‘Ons sou nie so vrygewig kon gewees het as dit nie was vir die donasies van ons lede, hul kliënte en internasionale jagklubs nie. Tot hede, het die fonds sowat R10 miljoen bygedra tot die bekamping van wildstropery, navorsing en opleidingsprojekte.’

‘Dit is ook vir ons belangrik om op 'n vroeë ouderdom 'n kultuur van wildbewaring by kinders in te boesem, sodat ons eendag die verantwoordelikheid met vertroue aan hulle kan oordra, in die wete dat die land se natuurerfenis vir toekomstige generasies beskerm sal word. Dit is ook 'n geleentheid vir ons om hierdie jongmense aan moontlike loopbane soos dié van jagter, wildbewaarder, gids of navorser bloot te stel,’ sê Kitshoff.

Vir meer inligting, kontak Adri Kitshoff, PJSA HUB, by 012 667 2048 of 083 650 0442.

Foto onderskrif:

Adri Kitshoff, PJSA HUB, met kinders van die Wielie-Walie kleuterskool in Warden.

Issued by du Plessis Associates on behalf of Professional Hunters' Association   of South Africa. 

dPA contact Frank du Plessis Tel: +27 11 728 4701,

Mobile: 082 641 0435 or e-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Website: www.phasa.co.za facebook:  PHASA

If you would like an English version of this press release, please advise by return email to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.?subject=English">This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Last modified on Friday, 20 September 2013 08:35

Popular Articles

Tourism Safety Initiative